Anything dairy-related

RIP – Danie de Bruyn – 27/12/2021

Oom Danie de Bruyn was ‘n spesiale mens. Ek het eintlik nog uitgesien om hom weer te sien – dit sou nou einde Des 2021 wees of sommer in die eerste week van 2022. Ons het 2 “modes” gehad – of lekker gesels of mekaar ge-ignoreer vir die dag. Ons laaste gesprek: Ek: “Ok, Oom Danie – ek het nou genoeg kak aangejaag vir die dag en gaan nou loop.” Oom Danie:”Ja dis reg, fokof.” Met ‘n smile op sy gesig natuurlik 😉

Fantasiese storieverteller(en hy het baie gehad) en alles uit ondervinding, raadgewer, houer van logika, pH meter vingers en termometer elmboog is maar paar van sy vele talente. Hardkoppige volger van sy eie raad en pad, en as jy hom nie met soliede data verkeerd kan bewys nie, dan bulldozer hy in ‘n rigting sonder stop. As hy van jou gehou het dan het hy en indien nie, dan het hy jou niks tyd gegee nie, behalwe die nou-en-dan verbale hou voor die kop. Komende van die Weskus kon ek dit waardeer. Dit was altyd binne konteks en nie onregverdig. Hy het regtig baie ondervinding van alle fasette van suiwel gehad en dit met trots en liefde gedeel as jy mooi vra. Soms met ‘n toets en baie redenasie, maar altyd met liefde en skewe glimlag. Beterweterig, want hy het regtig beter geweet.

Vir sy vrou en kinders was hy lief, en het baie gepraat oor hoe goed hul doen en dat hulle pad reguit is. Liefde en sterkte aan Tannie Johanna, Rick, Derick and Juanita.

Oom Danie, ek sal ons geselsies mis. Ek waardeer jou bydrae tot my lewe en ek sal jou onthou.

As iemand ‘n storie/fotos van Oom Danie het wat hulle wil deel, kan julle dit vir my stuur by leon@alivingway.com en ek sal by die artikel insluit.

Oom Danie het vir werk opgedaag op 27/12/2021 en het huis toe gegaan nadat hy sleg gevoel het. Ons vermoed hy is daar aan ‘n hartaanval oorlede.

About Me

Welcome to my Blog!
I'm Leon the Milkman,  dairy specialist and  professional cheese experimenter.

Contact Me

Email me at leon@leonthemilkman.com

or call during office hours 

(GMT +2) on +27(0)84 952 4685

I do SKYPE consultations

Follow Me

 Subscribe to this blog
Follow me on Twitter
 Connect on Facebook

Copyright


© 2010 by Leon the Milkman.

You're welcome to link to this site or use a single image and brief description to link back to any post. Republishing posts in their entirety is prohibited without permission.